Krieket

Daar word in die Vaaldriehoekliga meegeding en die eerstespan sowel as die o.15-krieketspan is as ligawenners gedurende die 2019 seisoen bekroon.

Hoërskool Parys spog vanjaar met sewe Fezile Dabi-spelers, naamlik Irshaad Ismail, Benjamin Marais, Jared Bekker, J.F. Roelofse, Hardus Scheepers en Jacques Lebrun.  Benjamin Marais en Irshaad Ismail behaal die uitstekende prestasie om onderskeidelik vir die vyfde en vierde agtereenvolgende jaar in die Fezile Dabi-plattelandspan ingesluit te word.