Atletiek
Ons atlete presteer jaarliks pragtig en hulle verower talle medaljes op verskeie byeenkomste.
Leanke van der Westhuizen is na afloop van die Vrystaat Interhoër vir die tweede agtereenvolgende jaar in die Vrystaatspan ingesluit wat op aan die SA Hoërskole Kampioenskap deelgeneem het.
Hier het sy aan die dogters o.15 hoogspring deelgeneem en ’n pragtige sesde plek verower.