Rugby
Die o.15- en eerstespan eindig albei boaan hulle onderskeie puntetabelle in die Valkeliga na die uitspeelwedstryde.
Hoërskool Parys is ook trots op die tweede- en die o.15-rugbyspan wat in die semifinaal die knie moes buig. Die eerstespan het in die finaal ons naam hoog gehou, maar het ongelukkig verloor. Beide die laasgenoemde spanne het gekwalifiseer vir die Noordvaal Virsekerbeker-kompetisie waar die eerstespan in die kwartfinale uitgeval het.
Die volgende spelers is in 2019 in verteenwoordigende spanne opgeneem:
- o.19 Wes-Transvaal Bokkiespan: Heinrich Roets, Wian van Niekerk en Shaun Theunissen.
- o.15 Wes-Transvaal Bokkies (7’s en 15-manspanne): Diaan Brink en Marnus Roets
- o.15 Valke Iqahwa-span: Ruben Benade, Diaan Brink, Herman Steyn en Ian Posthumus
- o.15 Valke Grand Khomo-span: Ruben Benade, Diaan Brink en Ian Posthumus