Vakkeuses
Graad 8 & 9
Verpligte vakke:
- Afrikaans
- Engels
- Wiskunde
- Skeppende kuns
- Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
- Tegnologie
- Lewensoriëntering
- Natuurwetenskappe
- Sosiale Wetenskappe
Graad 10 – 12
Verpligte vakke:
- Afrikaans
- Engels
- Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
- Lewensoriëntering
Keuse vakke (Kies een uit elke afdeling):
- Fisiese Wetenskappe
- Besigheidstudies
- Toerisme
- Lewenswetenskappe
- Rekenaarstoepassingstegnologie
- Ingenieursgrafika en -ontwerp
- Rekeningkunde
- Geografie
AdMaths
Ons bied ‘n gevorderde Wiskundeprogram, AdMaths, vir graad 9 – 12 leerders na skoolure aan. ‘n Leerder kwalifiseer om daarvoor in te skryf as hy/sy gereeld bo 80% vir wiskunde behaal het. Die kursus word deur middel van klaskameronderrig, aflaaibare oudiovisuele lesopnames en interaktiewe webseminare aangebied. Formele eksamens word geskryf. Hierdie kursus poog om leerders voor te berei vir eerstejaarswiskunde op universiteit en word vir rigtings soos Ingenieurswese, B.Sc., B. Com. en Aktuariële Wetenskap aanbeveel.