Muurbal

  • IMG_1855
  • IMG_6632

Hoërskool Parys se muurbal het in 2019 behoorlik geskitter. Parys wen die eerste en tweede plek in hulle liga. 

 

Almari Claassen is 2019 se Parys klubkampioen. Sy is nr. 1 in die Vrystaat se dogters o.19-span en is 10de in SA gekeur.

 

Reese Thompson het in 2018 in Maleisië en Singapoer deelgeneem. In die Redtone Junior open en Onconcare Singapoer Junior open het sy agtste geëindig. Sy behaal verder ook die besonderse prestasie om gedurende 2019 weer die nommer een posisie vir D o.16 in SA te beklee. 

 

Gedurende die IPT’s in Bloemfontein neem Carla Viljoen, Danja van Rhyn en Reese Thompson deel aan die  o.16-afdeling en behaal ‘n tweede plek.

 

Die volgende leerders het aan Top Schools 2019 deelgeneem waar hulle ‘n sesde plek behaal het:  Reese Thompson, Almari Claassen, Danja van Rhyn, Carla du Plessis Viljoen, Jarike du Plessis en Chenique van der Westhuizen.