DOGTERS
- Geen grimering of juwele (insluitend neus-, tong- of ander ringe) word toegelaat nie.
- Oorkrabbertjies: slegs een klein (<4 mm in deursnee) silwer/goue/wit pêrel knoppie (stud) of die ringetjietipe word toegelaat in die onderste gaatjie van die oorlel. Geen ander oorringe of versierde oorkrabbers word toegelaat nie. (Maksimum grootte van ringetjietipe: ongeveer so groot soos 'n twintigsentstuk)
- Hare moet netjies en natuurlik vertoon en mag nie in buitensporige haarstyle gekam wees nie. Sien voorbeelde op die kennisgewingbord.
- Hare moet uit die gesig weggesteek word.
- Haarstukke moet die natuurlike kleur van die leerder se hare wees.
- Hare wat aan die onderkant van die kraag raak as die leerling regop staan, moet vasgebind word met swart, wit of blou rekkies /linte – dit sluit gevlegte stringetjies in.
- Bollas mag slegs agter die kop vasgemaak word.
- Die onderwysers behou die reg voor om te besluit hoe die leerders hul hare mag dra.
- Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie.
- Kleurlose naellak word toegelaat, maar nie gejelde naels nie.
- Sokkies moet slegs een maal omgeslaan word.
- Hemde moet te alle tye netjies ingesteek word.
- Geen opsigtelike tatoeëermerke word toegelaat nie.
Seuns
- ‘n Seun mag nie met sy hande in sy broeksakke loop nie.
- Geen juwele word toegelaat nie.
- Hare moet netjies en natuurlik vertoon en mag nie in buitensporige haarstyle gekam wees nie. Sien voorbeelde op die kennisgewingbord.
- Haarstyle wat nie by die skooldrag pas nie word nie toegelaat nie.
- Indien hare glad geskeer is langs die kant, moet die res van die kop ook glad geskeer wees.
- Seuns mag nie ongeskeer (m.a.w. met baardstoppels) skool toe kom nie.
- Hemde moet te alle tye netjies ingesteek word.
- Geen opsigtelike tatoeëermerke word toegelaat nie.