Luggeweerskiet

Tydens die Oranje Vaal Luggeweer se jaarlikse prysuitdeling ontvang ons leerlinge die volgende toekennings: Louwrens Vos ontvang ‘n toekenning vir die getal punte wat hy bereik het, Deriek van der Wat is vir die tweede agtereenvolgende jaar in die SA-span opgeneem en Herman van Zyl ontvang ’n silwermedalje vir die junior 3P Sporterskut en word ook in die SA-span opgeneem.