Kanovaart

Megan Oelofse, Nicolas Prinsloo en Caroline van der Linde is vir die Gauteng marathonspan gekies, terwyl Sean van Pletzen, Ruan van Pletzen, Wian Bornman, Nicolas Prinsloo en Abiagail Bezuidenhout gekwalifiseer het om by die Sprints SA’s te gaan deelneem. Sean is gekies vir die senior Gauteng Sprintspan. Tydens die SA Skole Kampioenskap is Wian Bornman as die Victor Ludorum vir die o.16-seuns aangewys. Abigail Bezuidenhoud word in die Gauteng o.16 kano-polospan opgeneem.