Skooldrag Matriek
Seuns
Dogters
Gr. 8 tot Gr.11
Seuns
Dogters
KLEREDRAG EN VOORKOMS
Algemeen
- Indien daar ‘n dispuut oor voorkoms/kleredrag ontstaan, berus die finale besluit by die personeel.
- Foutiewe klere sal gekonfiskeer word.
- Leerders wat aan sportbyeenkomste vir die skool deelneem, moet in ‘n skool- sweetpak of skooldrag geklee wees as hulle na die byeenkoms of wedstryd reis.
- Denim langbroeke mag nie saam met die skooluniform gedra word nie.
- Plakkies mag nie saam met amptelike sportdrag gedra word nie.
SKOOLDRAG
MEISIES
Somer
- Vlootblou romp (ses bane) met ‘n ritssluiter aan die linkerkant of ‘n vlootblou dogterslangbroek.
- Effekleurige blou das met die skoolwapen daarop.
- Die dra van dié das is opsioneel, maar indien ‘n baadjie gedra word, is ‘n das verpligtend.
- Lengte van die romp: Wanneer die dogter kniel moet die romp ‘n maksimum van 15 cm van die vloer af wees.
- Ligblou skoolhemp. Langmoue moet opgerol word tot bokant die elmboë. (Graad 12-meisies dra ‘n wit hemp)
- Kort effekleur blou kouse. (Graad 12-meisies dra wit kouse)
- Swart leer plathakskoene met ‘n bandjie of swart toeryg skoolskoene.
Winter
- ‘n Effekleurige blou das met die skoolwapen daarop.
- Die dra van dié das is opsioneel, maar indien ‘n baadjie gedra word, is ‘n das verpligtend.
- Vlootblou lang kouse of ‘n vlootblou langbroek kan gedra word.
- Kort effekleur lig- of vlootblou kouse (sonder prentjies).
- ‘n Skoolbaadjie word aanbeveel, maar is nie verpligtend nie.
- Ligblou langmou- en moulose trui (“Pullover”) met die skool se naam in vlootblou lopende skrif bokant die linkerbors.
- Slegs die voorgeskrewe skoolserp en –mus mag gedurende die tweede en derde kwartaal gedra word.
- Verder geld dieselfde reëls soos voorgeskryf in die somer.
SEUNS
Somer
- Ligblou hemp. Langmoue met opgerol word tot bokant die elmboë. (Graad 12 seuns dra ‘n wit hemp)
- Grys kort- of langbroek. (Graad 12-seuns dra ‘n vlootblou langbroek.)
- Slegs grys skoolkouse word toegelaat.
- Swart leerskoene (Geen ander kleur insetsels.) Stewels mag nie gedra word nie.
- Effekleurige blou das met die skoolwapen daarop.
- Die dra van dié das is opsioneel, maar indien ‘n baadjie gedra word, is ‘n das verpligtend.
Winter
- Effekleurige blou das met die skoolwapen daarop.
- Die dra van dié das is opsioneel, maar indien ‘n baadjie gedra word, is ‘n das verpligtend.
- Ligblou skoolhemp.
- ‘n Skoolbaadjie word aanbeveel, maar is nie verpligtend nie.
- ‘n Grys langbroek met skoolkouse.
- ‘n Ligblou langmou- en moulose trui met die skool se naam in vlootblou lopende skrif op die linkerbors.
- Slegs die voorgeskrewe skoolserp en –mus mag gedurende die tweede en derde kwartaal gedra word.