Omsendskrywe & Circular 9
English to follow
Geagte Ouer(s)
Neem asseblief kennis van die volgende:
1. AKADEMIE
1.1 Assesseringsverslae: Die leerders ontvang hulle assesseringsverslae vir die eerste kwartaal op 16 April 2018. Ek vestig u aandag daarop dat die assesseringspunte ‘n kombinasie van die kwartaalpunt en Maart-toetspunt is.
1.1.1 Vir graad 10 tot 12 is die punte op die rapport vir alle vakke onder 30 % en vir Huistale OF Taal van Onderrig en Leer wat onder 40% is, omkring om vir u probleemareas/moontlike druiping uit te wys. Om graad 10 tot 12 te slaag moet aan die volgende vereistes voldoen word: Behaal minstens 40 % (vlak 3 of 40-49%) in DRIE vakke waarvan EEN op Huistaalvlak moet wees. Behaal minstens 30 % (vlak 2 of 30-39%) in DRIE ander vakke op die voorwaarde dat alle skoolgebaseerde assessering in die vak wat gedruip is, gedoen is.
1.1.2 Die slaagvereistes vir graad 8 en 9:
Die leerder moet ‘n vlak 4 (50-59%) behaal in enige van die twee amptelike tale (Afrikaans OF Engels op Huistaalvlak in H/S Parys se geval) en ‘n vlak 3 (40-49%) in die ander amptelike taal (Afrikaans OF Engels Eerste Addisionele Taal vlak in Parys H/S se geval). Die leerder MOET in Wiskunde en in nog DRIE ander vakke ‘n vlak 3 (40-49%) behaal en ‘n vlak 2 (30-39%) in twee van die oorblywende vakke op die voorwaarde dat alle skoolgebaseerde assessering in die vak wat gedruip is, gedoen is.
2. OUERAAND
U word vriendelik versoek om die oueraand op Dinsdag 17 April om 17:30 in die skoolsaal by te woon. Tydens hierdie geleentheid kan u u kind(ers) se akademiese vordering met die betrokke onderwyser bespreek en andersom. Om die afsprake met die personeel te koördineer word u versoek om die aand tydens die vergadering in die skoolsaal u afsprake met die personeel te bevestig voordat die personeel die lokaal verlaat. U kan ook vooraf skriftelik of telefonies met die betrokke personeel afsprake maak vir die oueraand. Ouers en leerders wat deur die personeel gespreek wil word, sal ‘n skrywe saam met die leerders se assesseringsverslae ontvang.
3. HANDBOEKE
Sal u asseblief toesien dat u kind se handboeke en skrifte netjies met ten minste plastiek oorgetrek is. U moet ook seker maak dat hul handboeke in dieselfde toestand bly as wat hulle dit ontvang het. Die Beheerliggaam pleit by u dat u u kind sal inlig en leiding gee om voorsorgmaatreëls te tref om skade aan die handboeke te voorkom.
4. WINTERSDRAG
Die dra van wintersdrag is vanaf 1 Mei verpligtend. U aandag word daarop gevestig dat sweetpakbaadjies nie deel van die skooluniform uitmaak nie en daarom sal daar nie toegelaat word dat dit as deel van die skooluniform gedra word nie.
5. EKTRA KLASSE
Ekstra klasse vir die graad 12-leerlinge sal direk na skool om 14:00 per vakkombinasie aangebied word. Ekstra klasse wat reeds deurlopend aangebied word, is as volg:
6. JUNIE-EKSAMEN
Die graad 12-leerlinge sal reeds op _________ en die res van die skool op __________met hul halfjaar-eksamen begin.
7. GEDRAGSKODE
Die skool bevestig d.m.v. die skrywe dat u die gedragskode van die skool ontvang het en u van die inhoud vergewis het. Dit verskyn agter in die skool se huiswerkboek.
8. OPENBARE- EN SKOOLVAKANSIEDAE
Graag kondig ek die volgende twee langnaweke aan sodat u vroegtydig u reëlings kan tref.
Vrydag, 27 April (Vryheidsdag)
Maandag, 30 April (Skolevakansiedag)
Dinsdag, 1 Mei (Werkersdag)
9. Die kwartaalprogram vir die tweede kwartaal word ook vandag huis toe gestuur.
10. Namens die Beheerliggaam en personeel wens ons u en u kind(ers) sterkte toe met die kwartaal en vertrou dat u u kind en die skool in die onderrig- en opvoedingsproses sal ondersteun.
Vriendelike groete.
Die uwe
MNR. L. VAN ZYL
_________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
Dear Parent/s
Please take note of the following:
1. Academic Work
1.1 Report cards: The learners will receive their report cards on Monday, 16 April 2018. The marks reflect a combination of the March tests and the Continuous Assessment marks.
1.1.1 For grades 10 to 12 marks less than 30% are encircled for ALL subjects. For
Home Language OR Language of Learning and Teaching, marks less than 40% are encircled to indicate problem areas or possible failures. The following minimum requirements are applicable to pass grades 10 to 12: Obtain at least 40 % (level 3 rating or 40-49%) in THREE subjects of which ONE must be on Home Language level. Obtain at least 30 % (level 2 rating or 30-39%) in THREE other subjects, on condition that all the school-based assessment tasks were done in the subject that was failed.
1.1.2 The minimum requirements for grade 8 and 9: The learner must obtain a level 4 rating (50-59%) in one official language at Home Language level (Afrikaans OR English in the case of Parys H/S) and a level 3 rating (40-49%) in the second required official language at First Additional Language level (Afrikaans OR English in the case of Parys H/S) AND a level 3 (40 -49 % ) in Mathematics and THREE other subjects, as well as a level 2 (30-39 %) in any two other subjects on condition that all the school-based assessment tasks were done in the subject that was failed.
2. Parents and Teachers’ meeting: A meeting for all parents and teachers will be held on Tuesday, 17 April at 17:30 in the school hall. When the meeting is adjourned parents are invited to meet the teachers in their classrooms to discuss their children’s academic progress. Parents are requested to confirm with the teachers that they want to consult, before they leave the hall. Parents could also make an appointment prior to the meeting by phoning the school. The staff members have identified learners and parents they wish to meet with, and a notification of such a meeting will be attached to the report cards of those learners.
3. Textbooks
Please ensure that your child’s textbooks are covered with plastic. Al textbooks should be returned in the same condition that they were issued. The Governing Body requests all parents to ensure that learners take proper care of their textbooks.
4. Winter dress:
On the first school day of May learners should change to the winter dress code as indicated in the homework book. We urge our parents to make sure that their children are dressed accordingly. Please note that the tracksuit top does not form part of the dress code and learners are as such not allowed to wear it.
5. Extra Classes
Extra classes in all subjects for grade 12 learners will commence in the third term. However, the following extra classes are already offered:
6. June Exams
June Exams will commence on the ___________ for the Gr. 12 learners and for the rest of the school ______________.
7. Code of Conduct
Kindly ensure that you have familiarised yourself with the Code of Conduct. It is printed in the back of the school’s homework book.
8. Public Holidays:
Please note that the following three days are national holidays:
Friday 27 April (Freedom day)
Monday 30 April (School holiday)
Tuesday 1 May (Workers day)
9. Please find a term programme on the reverse side of this letter.
10. The staff and the members of the SGB wish you and your child all the best for the new term. We trust that you will support the school in ensuring the best education for your child(ren).
Yours faithfully
L. VAN ZYL
PRINCIPAL