Dissiplinêre Stelsel
Ons dissiplinêre stelsel is die uitvloeisel van werksessies en samesprekings tussen personeel, leerlinge en die beheerliggaam.
- Die VRL is instrumenteel in die onderhou van die gedragskode.
- Elke situasie sal op meriete hanteer word.
- Hulpverlening aan leerlinge sal deurgaans geskied.
- Sekere uitsluitings is dadelik van krag en geld vir alle fasette van skoolaktiwiteite.
- Die toepassing van die dissiplinêre stelsel word deur die personeel en beheerliggaam hanteer.
Ons beskik oor ‘n volledige dissiplinêre kode en beleid om goeie dissipline te handhaaf. Indien u verdere besonderhede verlang, kontak ons gerus.