Krieket

Daar word in die Vaaldriehoekliga meegeding.  Hoërskool Parys se eerste krieketspan is onoorwonne in die liga.

Besonderse prestasies is behaal deur leerders:

Daar word in die Vaaldriehoekliga meegeding en die eerste sowel as die o.15-krieketspan het goed gevaar.

Iri Ismail is as die Vrystaat Platteland se o.17-krieketspeler van die 2016/2017 krieketseisoen aangewys

Benjamin Marais behaal die uitstekende prestasie deur vir ‘n derde agtereenvolgende jaar in die Fezile Dabi-plattelandspan ingesluit te word. Benjamin Marais, Hannes Grimbeek en Hardus Scheepers is onderskeidelik vir die o.18 en o.15 Verre-Noord-Vrystaatspanne gekies wat aan die Fezile Dabi-proewe deelgeneem het.  Hulle is ook in die Fezile Dabi-spanne wat aan die o.15 en o.18 plattelandproewe te Bethlehem deelgeneem het, opgeneem.