Gholf

Hoërskool Parys neem deel aan die Vaaldriehoek Hoërskole Gholfliga deelgeneem waarin ons in 2017 derde geëindig het. Twee leerlinge, Charles Pieterse en Rudger Potgieter, is in die Vaaldriehoekspan opgeneem wat aan die Suid-Afrikaanse Hoërskole Toernooi in Rustenburg deelgeneem het. By hierdie toernooi het Charles Pieterse algeheel dertiende geëindig. Daarna behaal hy die skitterende prestasie deur in die SA Hoërskole Gholfspan opgeneem te word. Hy het verder Noordwes op o.17 en o.19 vlak by die Noordelike bonde se toernooie verteenwoordig. Hy bou voort op sy prestasies deur die Leopard Park Junior Ope Kampioenskap te wen