Rugby

RUGBY IS GROOT

Die eerste rugbyspan het hul titel as ligawenner van 2014, 2015 en 2016 suksesvol verdedig en is in 2017 as naaswenners gekroon.

Van die puik prestasies is spanne wat tot finaal van die Valkeliga en die Noord-Vaalliga (Virseker-beker) deurdring.

Die volgende spelers is in verteenwoordigende spanne opgeneem:

o.18  Valke Cravenweekspan:  Marcus Nyirenda

o.18  Valke Platteland:  Marnus van Niekerk en Élan Schutte

o.17 Vaaldriehoek Plattelandspan: Marcel Gouveia, Verwey van der Westhuizen en Anton   Loggenberg.

o.16 Vaaldriehoek Plattelandspan:  Morné Keyser.

o.15 Vaaldriehoek Plattelandspan: Wian van Niekerk, Dean Harmse, Ruben Kruger en Adriaan Stolz

o.14 Vaaldriehoek Plattelandspan: Gert Loggenberg, Dillon Pretorius, Roelof Vermaak en Banele Mabiletsa.

o.18  Vaaldriehoek Bokkiespan:  Stephan Visser

o.16  Wes-Transvaal Bokkiespan:  Heinrich Roets en JF Roelofse

Ons is trots om aan te kondig dat Jacques Botes, voormalige Sharks en SA A-spanspeler, die rol as rugbymentor en tegniese adviseur in die 2017/2018-seisoen gaan vervul.