Krieket

Daar word in die Vaaldriehoekliga meegeding.  Hoërskool Parys se eerste krieketspan is onoorwonne in die liga.

Besonderse prestasies is behaal deur leerders:

Iri Ismail wat in die Vrystaat Platteland se o.17-krieketspeler van die 2016/2017 krieketseisoen aangewys!

Benjamin Marais wat vir ‘n derde agtereenvolgende jaar in die Fezile Dabi plattelandspan ingesluit is.

Verskeie spelers is oor die jare ingesluit in die Verre-Noord-Vrystaatspanne wat aan die Fezile Dabi-proewe deelgeneem het.

Die gees en sportmanskap van ons spelers word raakgesien en uitgeleef oral waar hulle deelneem!  Die spanne word deur mnre. A. Williams, R. de Milander en L. van Zyl (jr.) afgerig.