Copyright 2017 - Hoërskool Parys, die skool met 'n hart

 

Sport

ATLETIEK NUUS

Skitter hoogspring-atleet Leanke van der Westhuizen sal einde Maart aan die SA atletiekkampioenskappe in Durban deelneem, nadat sy by die Vrystaat Skole-kampioenskap vir die SA’s gekwalifiseer het. 

 

VAALRIVIER ATLETIEKBYEENKOMS

’n  Rekordgetal van 50 atlete van die Hoërskool Parys het verlede week aan die Vaalrivier atletiekbyeenkoms deelgeneem en nie minder nie as 10 eerste plekke, 13 tweede plekke, 8 derde plekke, 16 vierde plekke en 18 vyfde plekke behaal.
Van die 50 atlete sal 47 nou aan die Fezile Dabi-byeenkoms deelneem wat hierdie week (15 en 16 Februarie) plaasvind.
Vroeër vanjaar het Parys ook by die HTS vriendskaplike byeenkoms 5 eerste plekke, 5 tweede plekke, 5 derde plekke, 3 vierde plekke, ’n  vyfde plek, ’n  sesde plek en  ’n  sewende plek behaal.

 

 

 

RUGBY 

PARYS SE 1STE SPAN EN O/14'S TREE UIT AS DIE WENNERS IN DIE VALKE-STRYD OM BEELD-TROFEE

1ste span valke wenners1

014valke wenners1

 

Die volgende rugbyspelers is gekies vir verskeie spanne:

 

O/19 Cobraspan wat deelgeneem het aan die prestige week:

Johan Bruwer, Hannu Benade, Stephan Visser, Keegan de Ponte

IMG 20160721 WA0003 

 

 Wes-Transvaalbokkies o/14:  Heinrich Roets

Wes Transvaal bokkie o14

 

Blou Valke o/16:

Thabo Mosai en Marius Steenkamp

Blou valke o16

 

 

Valke Cravenweek o/18:

Marcus Nyerenda

 IMG 20160721 WA0006

 

Cabraspan o/16

cobra span o16

Vaaldriehoek o/16

Boeta Barnard

vaaldriehoek o16 bokkies

Vaaldriehoek o/14:

Zuan van Heerden

vaaldriehoek o14 bokkies2

 

PARYS DEUR NA EINDRONDTE VIR VALKE-STRYD OM BEELD-TROFEE

Die eerste rugbyspan het Belvedre in die halfeindronde van die valke se liga om die Beeld-trofee geklop.

Die eerste span sowel as die o/14 rugbyspan sal die finale kragmeting speel.


rugby Beeldtrofee1

 rugby beeldtrofee2

rugby beeldtrofee3

 

NETBAL

PARYS WEER NAASWENNERS IN FEZILE DABI STREEK

Die o/16A netbalspan is vir die tweede jaar agtereenvolgens as naaswenners in die Fezile Dabi-streek aangewys.  Die span sal op 16 en 17 Julie aan die Free State Challange in Odendaalsrus gaan deelneem wanneer hulle te staan kom teen ander Vrystaat skole spanne.

netbal fs challange o16

TENNIS

Ons het 'n suksesvolle tennisjaar beleef! Die tennisoefengroep se getalle het aansienlik gestyf. Ons afrigters, Mee. Chantelle Roux en Jeanette du Toit het met hul besondere geaardheid en manier om met kinders te werk het tennis ‘n baie gesogte sport begin maak.

Die eerstespanne het albei tweede geëindig in hul onderskeie ligas, wat dit ‘n puik prestasie maak as ‘n mens in ag neem dat ons teen baie groot skole meeding.

1ste tennisspan

 

FIETSRY

SKITTER PLEKKE VIR PARYSENAARS

Sean van Pletsen het 'n 3de plek behaal vir o/15s in die 20 km Tour The River MTB Spur Skole-reeks.

fietry sean2

Ons is trots op al ons fietsryers wat gereeld baie goed presteer.

 

fietsry2fietsry8

 fietsry5fietsry6

 

ROEI

Die skool se roeiers neem jaarliks deel aan SA Roei-kampioenskappe en verskeie roeiers verteenwoordig Gauteng. 

 
 

GHOLF

Rudger Potgieter en Charles Pieterse is gekies vir die Vaaldriehoek-gholfspan wat aan die SA Hoërskole toernooi deelneem. Charles het na afloop van die liga in die eerste plek geeïndig en Rudger in die sesde plek.



Netbal :

Tydens die eerste kwartaal 2011 is 'n baie geslaagde netbalkursus aangebied onder leiding van die voormalige Protea-afrigter en tans Cheethas-afrigter, me. Burtha de Kock. Sy is bygestaan deur Anja Opperman – beste speler op die Nasionale Netballiga in 2010 – wat doele touwys gemaak, asook Karin Venter – 'n voormalige Protea verdediger en kaptein.

 

Verskeie vriendskaplike wedstryde is gespeel en ons het ook aan die aandreeks wat deur Hoërskool Vanderbijlpark aangebied is, deelgeneem. Na afloop van die Vaalrivier netbalproewe is die volgende 5 eerstespan-dogters in die span ingesluit: Maryna van der Walt, Lounuél de Ponte, Isabel Schlebusch, Menanté Joubert en Dandie Joone. Baie geluk, julle is soos blitse op die baan!

 

Die o/14, 15 en 16-netbalspeelsters het gedurende die Aprilvakansie 'n baie geslaagde netbaltoer na Hammanskraal onderneem waar hulle afgerig is deur Tukkies onder leiding van Jenny van Dyk. Hulle het baie geleer en hierdie kennis is met vrug toegepas tydens die liga-wedstryde wat in die tweede kwartaal plaasgevind het. Die eerste span het 'n oefenkamp bygewoon, wat deur mev. Alta van Wyk, hulle afrigter gereël is.

Die volgende dogters is gekies vir die Fezile Dabi-span: Carmen Pretorius (o/14) en Juané Deale, Sanmari Kleinhans en Mpasi Mochela (o/16). Na afloop van hierdie proewe is Carmen en Sanmari gekies vir die Jacquar proewe wat in Kroonstad plaasgevind het! Baie geluk!

 

Luggeweerskiet

Tydens die Oranje Vaal Skietprovinsie se prysuitdeling het verskeie skuts erkenning gekry.
Timothy Bezuidenhout ontvang ’n bronsmedalje vir die 10M Sporterskut-kategorie en ’n  silwermedalje vir die Senior 3P Sporterskut-kategorie. Hy verwerf ook sy OVL (Oranje Vaal Luggeweer Skiet) Provinsiale Kleure vir die 2de Jaar en haal die OVL SA-span vir die derde jaar.
HJ van der Merwe ontvang die beker en goue medalje as Beste o.12 Sporterskut.
Deriek van der Wat ontvang ’n  bronsmedalje in die Kategorie vir Junior 3P Sporterskut en haal ook die OVL SA-span.
Vincent van der Merwe is vir die tweede jaar ingesluit in die OVL SA Span, terwyl Lourens Vos erken is vir goeie vordering getoon in sy eerste jaar van deelname in die Junior 3P Sporterskut-kategorie. Hy sal ook aan die SA’s deelneem.
Die SAARA SA Ope-kompetisie word op 7 en 8 Oktober in Vanderbijlpark gehou.







 
 

f t g m