Copyright 2017 - Hoërskool Parys, die skool met 'n hart

 

KLEREDRAG EN VOORKOMS

VERSKAFFERS:

Enslins (056-8113222); Parys Mans- en Kinderwinkel (tel. 056-8112713) en Verons. 

Sweetpakke, atletiek-, netbal- en sportdrag – by die skool (mev. I. van Riet)

 

MEISIES

SKOOLDRAG:

Somer

  • Vlootblou romp (ses bane) met 'n ritssluiter aan die linkerkant of 'n vlootblou dogterslangbroek.
  • Effekleurige blou das met die skoolwapen daarop.
  • Die dra van dié das is opsioneel, maar indien 'n baadjie gedra word, is 'n das verpligtend.
  • Lengte van die romp: Wanneer die dogter kniel moet die romp 'n maksimum van 15 cm van die vloer af wees.
  • Ligblou hemp. Langmoue moet opgerol word tot bokant die elmboë. (Graad 12-meisies dra 'n wit hemp)
  • Kort effekleur blou kouse. (Graad 12-meisies dra wit kouse)
  • Swart leer plathakskoene met 'n bandjie of swart toeryg skoolskoene.

Winter

  • 'n Effekleurige blou das met die skoolwapen daarop.
  • Die dra van dié das is opsioneel, maar indien 'n baadjie gedra word, is 'n das verpligtend.
  • Vlootblou lang kouse of ‘n vlootblou langbroek kan gedra word.
  • Kort effekleur lig- of vlootblou kouse (sonder prentjies).
  • 'n Skoolbaadjie word aanbeveel, maar is nie verpligtend nie.
  • Ligblou langmou- en moulose trui (“Pullover”) met die skool se naam in vlootblou lopende skrif bokant die linkerbors.
  • Verder geld dieselfde reëls soos voorgeskryf in die somer.
  • Die skoolsweetpakbaadjie vorm slegs gedurende die tweede en derde kwartaal deel van die skooldrag.

 

VOORKOMS:

  • Geen grimering of juwele (insluitend neus-, tong- of ander ringe) word toegelaat nie.
  • Oorkrabbertjies: slegs een standaard knoppie (stud) of die ringetjietipe word toegelaat in die onderste gaatjie van die oorlel. Geen oorringe of versierde oorkrabbers word toegelaat nie. (Maksimum grootte van ringetjietipe: ongeveer so groot soos 'n twintigsentstuk)
  • Hare moet netjies en natuurlik vertoon en mag nie in buitensporige haarstyle gekam wees nie.
  • Hare moet uit die gesig weggesteek word.
  • Hare wat aan die onderkant van die kraag raak as die leerder regop staan, moet vasgebind word met swart, wit of blou rekkies /linte – dit sluit gevlegte stringetjies in.
  • Geen haarverlengingstukke, gekleurde haarstukke, “dreadlocks”, lyne op kop (“page”) of grafitti (“cut out”) word toegelaat nie.
  • Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie.
  • Kleurlose naellak word toegelaat.
  • Sokkies moet slegs een maal omgeslaan word.
  • Hemde moet te alle tye netjies ingesteek word.

 

SEUNS

SKOOLDRAG:

Somer

  • Ligblou hemp. Langmoue met opgerol word tot bokant die elmboë. (Graad 12 seuns dra 'n wit hemp)
  • Grys kort- of langbroek. (Graad 12-seuns dra 'n vlootblou broek.)
  • Slegs grys skoolkouse word toegelaat.
  • Swart leerskoene (Geen ander kleur insetsels.) Stewels mag nie gedra word nie.
  • Effekleurige blou das met die skoolwapen daarop.
  • Die dra van dié das is opsioneel, maar indien 'n baadjie gedra word, is 'n das verpligtend.

Winter

  • Effekleurige blou das met die skoolwapen daarop.
  • Die dra van dié das is opsioneel, maar indien 'n baadjie gedra word, is 'n das verpligtend.
  • Ligblou hemp.
  • 'n Skoolbaadjie word aanbeveel, maar is nie verpligtend nie.
  • 'n Grys langbroek met skoolkouse.
  • ‘n Ligblou langmou- en moulose trui met die skool se naam in vlootblou lopende skrif op die linkerbors.
  • Die skoolsweetpakbaadjie vorm slegs gedurende die tweede en derde kwartaal deel van die skooldrag.

 

VOORKOMS:

  • 'n Seun mag nie met sy hande in sy broeksakke loop nie.
  • Geen juwele word toegelaat nie.
  • Hare moet netjies en natuurlik vertoon en mag nie in buitensporige haarstyle gekam wees nie.
  • Haarstyle wat nie by die skooldrag pas nie word nie toegelaat nie.
  • Geen “dreadlocks”, gevlegte stringetjies, lyne op kop (“page”) of graffiti (“cut out”) word toegelaat nie.
  • Seuns mag nie ongeskeer (m.a.w. met baardstoppels) skool toe kom nie.
  • Hemde moet te alle tye netjies ingesteek word.

 

SPORTDRAG:

  • Sweetpak: Vlootblou broek en 'n vlootblou baadjie met 'n horisontale geel streep met Parys in geel lopende skryf op linkerbors geborduur.
  • Atletiekhempie: Vlootblou met fyn geel net langs die kante. Geel omboorsel om die arms en nek, met Parys in geel lopende skrif geborduur op die linkerbors.
  • Atletiekbroekie (Seuns en dogters): vlootblou met 3 geel strepies.
  • Netbaldrag: Rompie - Vlootblou rompie met 'n ligblou koord. Ligblou hemp met vlootblou insetsels by moue en ‘n vlootblou kraag.
  • Rugby: Broek - vlootblou. Trui - blou met ougoud en ligter blou strepe.
  • Kouse – koningsblou met ougoud in die omslag.
  • Tennis en Muurbal: Hempie - die skool se gholfhemp
  • Broek - vlootblou
  • Gholf: Hempie - die skool se gholfhemp met die skool se langbroek
  • Algemeen - Provinsiale klere mag slegs op Vrydae skool toe gedra word.

Die sport se ontspanningsdrag (gholfhemp en donkerblou broek), sweetpakke, atletiek- en netbaldrag is by mev. Van Riet in die kantoor te koop.

 

f t g m