Copyright 2017 - Hoërskool Parys, die skool met 'n hart

 

SKOOLREëLS

 Gesindheid

Onthou dat jy te alle tye – ook buite normale skoolure - 'n leerder van hierdie skool is en daar word van jou verwag om lojaal en voorbeeldig te wees.

 Gedrag

  •  Hou die skoolterrein netjies.
  •  Hou die kleedkamers skoon en netjies.
  •  Die skooleiendom is ons trots – moet dit asb. geensins beskadig nie.
  •  Van die leerders word verwag om gereelde studie-ure te handhaaf.
  •  'n Seun en 'n dogter se integriteit moet van so 'n aard wees dat hy / sy nie op die skoolgrond vir die ander 'n verleentheid is nie.
  •  Fisiese kontak tussen leerders is ontoelaatbaar.
  •  Tussen periodes moet verwisseling vinnig en ordelik geskied.
  •  Wanneer die klok vir pouses lui, moet leerders vinnig hulle tasse gaan neersit by die klas waar hulle na pouse is.
  •  Rook, alkohol, dwelmmiddels, sigaretaanstekers, vuurhoutjies en skerp voorwerpe is verbode. Slegs stomppuntskêre word toegelaat.
  •  Die gebruik van selfone e.a. elektroniese toestelle (bv. kameras, ipods, MP3’s, iphone, ens.) tydens skoolure (klastyd en pouses) is verbode.
  •  Vuil taal deur seuns en dogters getuig van swak smaak en sal nie geduld word nie.
  •  Eet en drink is streng verbode in klasse.

 Werk

  Jy is verantwoordelik vir die handboeke en ander apparaat wat aan jou uitgereik is. Handboeke moet met dik plastiek oorgetrek word.

  •  Ouers sal finansieel verantwoordelik gehou word vir verlore of beskadigde boeke.
  •  Skooltasse moet stewig wees sodat boeke beskerm word.
  •  Netheid is ʼn vereiste.
  •  Ouers moet toesien dat hul kind(ers) se huiswerk daagliks gedoen word.
  •  Ouers moet toesien dat hul kind(ers) daagliks skool bywoon en die hele skooldag by die skool bly.
  •  Daar word verwag dat leerders skriftelike werk betyds sal inlewer. Leerders wat werk laat inlewer, sal gepenaliseer word.
  •  Huiswerk bestaan uit skriftelike werk sowel as leerwerk (d.w.s. hersiening van die werk wat in die klas gedoen is).
  •  Daar word verwag van ouers om gereeld kind(ers) se huiswerkboeke en skrifte te kontroleer m.b.t. opdragte en werk wat gedoen moet word.
  •  Huiswerk is ʼn vertoonvenster van selfdissipline. Jou werk is jou trots.
  •  Senior leerders (graad 10 – 12) moet ongeveer 4½ uur per dag aan huiswerk bestee.
  •  Junior leerders (graad 8 – 9) moet ongeveer 2½ uur per dag aan huiswerk bestee.

Algemeen

  •  Skoolure is vanaf 07:30 tot 13:45.
  •  Tydens amptelike skoolfunksies moet net skooldrag gedra word.
  •  Leerders mag nie die skoolgrond gedurende die skooldag verlaat sonder die nodige toestemming nie.
  •  Geen leerders word voor skool of tydens pouses in die klaskamers toegelaat nie.
  •  Geen leerder word toegelaat om die snoepie te besoek tussen periodes nie.
  •  Wanneer 'n leerder om ander redes behalwe ongesteldheid die skool moet verlaat, moet die ouers vooraf die kantoor (per brief of telefoon)  daarvan verwittig.
  • Wanneer 'n leerder om ander redes behalwe ongesteldheid die skool moet verlaat, moet 'n toestemmingsbrief wat by die kantoor beskikbaar is, na elke onderwyser(es) geneem word vir die nodige toestemming.
  •  Die ouers moet reëlings tref met die kantoor hoe en deur wie die leerder afgehaal sal word.
  •  Die persoon wat die leerder kom haal, moet die register by ontvangs voltooi.
  •  Daar word van leerders verwag om van skoolvervoer gebruik te maak wanneer die leerders vir 'n skoolaktiwiteit vanaf die skoolterrein moet   vertrek. Indien die leerder van ander vervoer gebruik wil maak moet die ouers/voog dit met die spesifieke personeellid verantwoordelik vir die aktiwiteit gereël word.
  •  Leerders wat nie oor ‘n geldige permit beskik nie, mag nie ‘n motor op die skoolgrond bestuur of parkeer nie.
  •  Geen leerling mag sonder ‘n geldige bestuurslisensie motor bestuur nie.
  •  Geen balspelery word tydens klastye en –wisseling toegelaat nie.
  •  Alle sambrele moet tydens klastye en –wisseling toegevou en weggebêre wees.
  •  Gedurende saalopeninge val die leerder vooraf ordelik in rye in en betree die saal stil. Die saal moet ook ordelik verlaat word.
  •  Indien daar nie ’n saalbyeenkoms is nie, tree leerders ordelik in graadverband op die aangewese plekke aan sodat presensie geneem kan word.
  •  Pligsgetroue skoolwerk en getroue skoolbywoning verseker sukses.
  •  Bywoning van die skoolprogram (kurrikulêr- en buitekurrikulêr) is noodsaaklik vir die vorming van 'n kind.
  •  Die leerders se gedrag sal in ag geneem word by die uitreik van getuigskrifte/ vertroulike verslae en ander aansoeke.
  •  Stilte en orde moet tydens saalbyeenkomste gehandhaaf word.

 

f t g m