Omsendskrywe & Circular 10
English to follow
Geagte Ouers / Voogde
Namens die Personeel, Beheerliggaam en Ouervereniging wens ons u en u kinders ‘n aangename kwartaal toe. Die derde kwartaal beloof om ‘n baie bedrywige kwartaal te wees met talle projekte en werksaamhede wat aanspraak gaan maak op leerders, ouers en onderwysers se tyd en energie. In die lig hiervan hoop ons dat die leerders ook die nodige tyd en aandag sal bestee aan die akademie met die oog op die promosie-eksamen in November. Ons maak staat daarop dat u u kind(ers) sal aanmoedig met al die aktiwiteite waarby hulle betrokke is aangesien hulle op u staatmaak vir ondersteuning.
Neem asseblief kennis van die volgende sake:
1. AKADEMIE
1.1 Assesseringsverslae: Die leerders het hulle assesseringsverslae vir die tweede kwartaal vandag ontvang.
1.2 Vir graad 10 tot 12 is die punte op die rapport vir alle vakke onder 30% en vir Huistale OF Taal van Onderrig en Leer wat onder 40% is, omkring om vir u probleemareas/moontlike druiping uit te wys. Om graad 10 tot 12 te slaag moet aan die volgende vereistes voldoen word: Behaal minstens 40% (Vlak 3 of 40 – 49%) in DRIE vakke waarvan EEN op Huistaalvlak moet wees. Behaal minstens 30% (Vlak 2 of 30 – 39%) in DRIE ander vakke op die voorwaarde dat alle skoolgebaseerde assessering in die vak wat gedruip is, gedoen is.
1.3 Die slaagvereistes vir graad 8 en 9:
Die leerder moet ‘n vlak 4 (50 – 59%) in enige van die twee amptelike tale (Afrikaans OF Engels op Huistaalvlak in H/S Parys se geval) behaal en ‘n vlak 3 (40 – 49%) in die ander amptelike taal (Afrikaans OF Engels Eerste Addisionele Taal vlak in Parys H/S se geval). Die leerder MOET in Wiskunde en in nog DRIE ander vakke ‘n vlak 3 (40-49%) behaal en ‘n vlak 2 (30-39%) in twee van die oorblywende vakke op die voorwaarde dat alle skoolgebaseerde assessering in die vak wat gedruip is, gedoen is. Ons vestig graag u aandag daarop dat Wiskunde as voorvereiste om te slaag op die oomblik heroorweeg word en sodra die uitslag bekend is sal dit met u gekommunikeer word.
2. Ekstra klasse: Graad 12:
In die derde kwartaal sal daar in die namiddae vanaf Maandae tot Donderdae (14:15-15:00) ekstra klasse vir die graad 12-leerlinge aanbied word. Die eerste klasse begin reeds op Maandag 23 Julie. Dit is werklik in belang van die leerders dat hierdie poging ondersteun word en ons verwag dat leerders die klasse sal bywoon. Leerders moet dus voorsiening maak vir hul middagete en reëlings tref vir vervoer na afloop van die klasse. Die program vir die graad 12’s is reeds uitgegee.
3. Eksamens
Die September eksamen begin vir die graad 12-leerders reeds op Woensdag 29 Augustus en graad 8 tot 11 op 10 September. Die eksamen eindig Woensdag 26 September.
4. Oueraand: Dinsdag 24 Julie om 17:30 in die skoolsaal.
U word vriendelik versoek om die oueraand by te woon. Tydens hierdie geleentheid kan u u kind(ers) se akademiese vordering per vak met die betrokke onderwyser bespreek en andersom. Om die afsprake met die personeel te koördineer word u versoek om die aand tydens die vergadering in die saal u afsprake met die personeel te bevestig voordat die personeel die lokaal verlaat. U kan ook vooraf skriftelik of telefonies met die betrokke personeel afsprake maak vir die oueraand. Ouers en leerders wat deur die personeel gespreek wil word, sal ‘n skrywe saam met die leerders se rapporte ontvang.
5. Fotodag
Dinsdag, 21 Augustus 2017. Meer inligting sal later aan u deurgegee word.
6. Sport
6.1 Rugby – valkeliga
Die eerste- en 0/16-rugbyspan het Saterdag in Meyerton by Dr. Malan in die finale uitspeelrondtes van die medium skole Valkeliga om 10:55 deelgeneem en beide die spanne het gekwalifiseer vir die middelskole “champions trophy” wat eerskomende naweek sal afskop.
Marcel Gouveia het vir die o/18 Valke Akademiespan gespeel wat in die Paarl gaan deelneem het. Die span het vierde in die toernooi geëindig.
Marco Matthee, Jannie Groenewald, Boitumelo Seluku, Thato Mopedi en Katleho Nkhale het die 0/17 Cobraspan en Dillon Pretorius en Gert Loggenberg het die 0/15 Cobra span verteenwoordig in Vanderbijlpark en ‘n bronsmedalje vir die toernooi verower.
Marnus van Niekerk en Marcus Nyirenda is gekies vir die Valke Platteland span wat in die vakansie op Reitz deelgeneem het. Tydens die week is Marnus van Niekerk aangewys as speler van een van die wedstryde.
Die volgende leerlinge het die 0/16 Luiperd Bokkiespan verteenwoordig wat in die finaal deelgeneem het en teen die Limpopo Bokkiespan verloor het; Heinrich Roets, Wian van Niekerk en Zuan van Heerden en het ‘n silwermedalje ontvang.
6.2 Muurbal:
Lialma Sinclair (nr 1) en Almari Claassens (nr 2) dogters o/19 het gespeel vir die SA span gedurende die Julie vakansie. Die Vrystaat het hierin sesde gekom.
Die volgende spelers het SA top tien ranglys gehaal: 0/14 Petrus-Louw van Rhyn, 0/16 Reese Thompson en 0/19 Lialma Sinclair.
Reese Thomson en Danja van Rhyn se span het derde gekom en wen bronsmedaljes.
Giovanni de Swart het o/16 gespeel vir die A span en het vierde geëindig en sy span het ‘n sesde plek behaal.
Enrico de Swardt het in die B-span gespeel en hulle span het ‘n sesde plek in die B-spanne behaal .
6.3 Netbal:
Die Vrystaat-Cheetahspan het ’n derdeplek verower op die 0.18 SA Skoletoernooi
en Dineo Marumo is as een van die top 35 in die toernooi aangewys.
Drie van ons leerlinge (Almari Claassens, Nicole Smith en Tebogo Letsenyoho) het
die Kiewietspan verteenwoordig. Hierdie span was die naaswenners van die
toernooi, het die geesbeker en die beker vir die aanskoulikste netbal gewen. Jolandi was die onderkaptein van haar span en Almari is aangewys as speler kan die wedstryd tydens een van die uitspeelwedstryde.
6.4 Swemkampioenskap:
Geluk aan Amé van Wyk wat aan die winterkampioenskap swemgala deelgeneem het. Sy het in al haar items (50 m Vlinderslag, 200 m IM, 200m Vryslag en 100 m Vryslag) in die finaal geswem.
6.5 E-sport:
Estevan Fouché, JC Smidt, Brenden Badenhorst, Arend Roux en Tiaan Jordaan het deelgeneem aan Mindsport South Africa se League of Legends. Hierdie seuns het eerste gekom in die skole afdeling en verwerf dus provinsiale kleure. Hierdie seuns neem eerskomende Saterdag, 28 Julie deel aan die SA skole. Ons beste wens vergesel hulle.
6.6 Talent America:
Marné Prinsloo het gedurende die vakansie aan Talent America in New York deelgeneem . Sy ontvang ‘n eerste plek vir Country en ‘n derde plek vir Inspirational in die “vocal” afdeling en ontvang silwermedaljes. Sy neem deel aan ‘n dramastuk “Beauty or Brains” en verower ‘n silwermedalje. Sy ontvang ook ‘n eerste plek vir die fotografie afdeling.
6.7 Gholf:
Charles Pieterse verteenwoordig die 0/19 Noordwes Gholfspan in die Noordelike Bonde toernooi en die span het ‘n tweede plek behaal
7. Kultuur
7.1 Redenaars
Anné Krüger wat as wenner van die ATKV-redenaarskompetisie in die Vrystaat
aangewys is, verteenwoordig Hoërskool Parys tydens die Nasionale kompetisie op
17 Augustus te ATKV-Buffelspoort. Baie geluk en sterkte met hierdie pragtige
prestasie – ons beste wense vergesel jou.
8. Graag word hiermee kennis gegee dat die registrasies vir graad 8-leerders vir 2019 by Hoërskool Parys op Vrydag 31 Augustus 2018 sluit. Die volgende dokumentasie moet vir registrasie beskikbaar wees: ‘n gesertifiseerde afskrif van die geboortesertifikaat van die leerder asook van die ID-dokumente van die ouers, die mees onlangse akademiese rapport, bewys van immunisasie teen oordraagbare siektes en gesertifiseerde afskrif van bewys van adres. Die inligtingsaand vir voornemende graad 8-leerders vir 2019 vind plaas in die skoolsaal van die Hoërskool Parys op 1 Augustus 2018, om 15:30 vir die kinders en vir die ouers vanaf 18:00.
Alle huidige graad 8 tot 11 ingeskrewe leerlinge moet herregistreer vir 2019. Die sluitingsdatum was reeds 22 Junie 2018. Alle uitstaande herregistrasie-vorms moet op die laaste op Maandag 23 Julie 2018 by die skoolkantoor ingehandig wees.
9. “40 Days” Graad 12- leerders
40 “Days” vir die Graad 12-leerders is Woensdag, 8 Augustus. Dit sal die vorm aanneem van ‘n bring-en-braai by die pawiljoen vanaf tweede pouse om 11:50 en die leerders sal toegelaat word om die skoolterrein te verlaat om 14:00.
10. Sal u asseblief toesien dat u kind se handboeke en skrifte netjies met ten minste plastiek oorgetrek is. U moet ook seker maak dat hul handboeke in dieselfde toestand bly as wat hulle dit ontvang het. Die Beheerliggaam pleit by u dat u u kind sal inlig en leiding gee om voorsorgmaatreëls te tref om skade aan die handboeke te voorkom.
11. U kind sal Dinsdag 31 Julie die skoolgeldrekening ontvang. Betaal asseblief u kind
se skoolgeld getrou.
12. Hierby aangeheg is die kwartaalprogram en rooster vir graad 12 ekstra klasse.
13. Vroeë sluiting van skool, 11h30 Dinsdag 24 Julie 2018:
‘n Groot aantal onderwyspersoneel moet akademiese vergaderings reeds om 12:30 te Sasolburg bywoon, daarom sal die skool môre om 11:30 môre verdaag.
Vriendelike skoolgroete.
_______________________________________________________________________________________________________________________